Hoërskool Riebeeckrand spog met drie leerders, Megan Robins, Francois Martins en Jacques de la Rouviere wat in die o.21 Junior Protea-boogskietspan opgeneem is.
Hulle sien met groot opgewondenheid uit na die Afrika Kampioenskappe wat einde April in Springs plaasvind, asook die Wêreldkampioenskappe wat in Julie in Kanada gehou gaan word,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright vertel.
Die drie is gekies op grond van hul drie beste tellings gedurende 2017 asook hul prestasies tydens die nasionale en provinsiale kampioenskappe.
Riebeeckrand is trots op die drie leerders.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



