Local newsNews

Kouse teen die koue

Randfontein se skoonhede het hande gevat en kouse by die Dick Powel Villas uitgedeel.

Randfontein se skoonhede het hande gevat en op 3 Julie kouse by die Dick Powel Villas uitgedeel.

Dalien Steenkamp, Mev Randfontein 2018; Ziskia Geldenhuys, 1ste Prinses; Welma Bam, 2de Prinses en Reinette Herbst, Mev Afrika 2018-finalis het ‘n groot boks kouse vir liefdadigheid ingesamel om uit te deel aan mense in nood.

Randfontein se skoonhede het ‘n groot boks kouse vir liefdadigheid ingesamel om uit te deel aan mense in nood. Foto: Jaco-Mari Futcher

Dit het duidelik geword dat daar baie mense is wat nie warm klere teen die koue het nie. Die kouse het vir ‘n paar vriendelike gesigte en dankbare harte gesorg. Hulle het die kouse meestal aan kinders uitgedeel, maar sommige kinders se ouers het ook vir hulle ‘n paar kouse kom haal. Een dogtertjie was kaalvoet en Dalien het haar onmiddellik gehelp om haar nuwe, warm kouse aan te trek.

Die kouse het vir ‘n paar vriendelike gesigte en dankbare harte gesorg. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek het nie besef hier is so ‘n groot nood in die area nie,” het Ziskia gesê terwyl hulle die kouse uitgedeel het.

Volgens Dalien is dit nog nie die einde van hul liefdadigheidsprojekte in dié area nie. “Ons gaan in die toekoms sop by die Dick Powel Villas kom uitdeel,” het Dalien gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button