Local newsNews

Bekende sakeman sterf na kort siekte

Hy sal vir altyd voortleef in ons harte – dogter na haar pa en eienaar van AJ Pumps se skielike dood.

André de Wit, 69, ‘n geliefde inwoner en sakeman van Randfontein, is Maandagaand (2 Julie) na ‘n kort siekte oorlede.

André was die eienaar van AJ Pumps.

Volgens sy dogter, Lynette McMurty, is haar pa weens natuurlike oorsake dood. Sy het vertel dat hy in Randfontein grootgeword het en oral in die gemeenskap bekend was vir sy wonderlike werk en sy diens aan veral die boerderygemeenskap.

“Hy sal altyd onthou word vir sy eerlike, opregte manier van besigheid doen en die uitstekende diens wat hy gelewer het.

Hy was altyd gereed om iemand in nood te help, veral as hulle sonder water was of ‘n pomp stukkend was. Wateraanwys met sy drade was sy passie.

“Hy was ‘n saggeaarde mens met baie wysheid – ‘n wonderlike eggenoot, pa en oupa. AJ Pumps se deure staan steeds oop vir besigheid. Hy sal vir altyd in ons harte voortleef.”

André word oorleef deur sy vrou Engela, kinders en kleinkinders.

Sy begrafnisdiens word Vrydagmiddag, 13 Julie om 12 uur vanuit die NG Helikonpark Gemeente gehou.

Die familie bedank almal vir hul meelewing deur oproepe, boodskappe en kuiertjies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button