Local newsNews

Griekse makietie as fondsinsameling vir jong rugbyspelers

Die vermaak tydens die Griekse Aand is verskaf deur R’fontein se eie Tanya V en twee buikdansers van Oriental Invasion. Daar is boonop volgens Griekse gebruik borde stukkend gegooi.

Op Vrydag, 21 September het inwoners van die dorp by Ocean Basket Randfontein bymekaar gekom om fondse in te samel vir twee plaaslike rugbyspelers.

Ses o.13-rugbyspelers van Gauteng is onlangs tydens Rams Rugby Akademieweek raakgesien en genooi om aan ‘n eksklusiewe sewestoernooi van 2 tot 10 Oktober in Mauritius deel te neem. Twee van dié rugbyspelers is van onderskeidelik Laerskool Randfontein en Laerskool Rapportyer. Al die spelers kon die funksie egter nie bywoon nie.

“Ons probeer om die spelers wat dit nie kan bekostig nie se drome te bewaarheid,” het Devon Tromp, Rams Rugby Akademieweek-afrigter gesê.

Buikdanser, Ioanna Pigalis doen ‘n toertjie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die vermaak tydens die Griekse Aand is verskaf deur R’fontein se eie Tanya V en twee buikdansers van Oriental Invasion. Daar is boonop volgens Griekse gebruik borde stukkend gegooi.

Tanya V en haar man het gedink dat ’n optrede wonderlik sal wees om die spelers se spangees te help bou en om te wys dat die publiek hulle ondersteun,” het hy bygevoeg.

Sy het tydens haar optrede een van haar eie liedjies aan die rugbyspelers opgedra en families het tot laatnag lekker saam gekuier.

Tanya V het tydens haar optrede een van haar eie liedjies aan die rugbyspelers opgedra. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button