NewsSchools

Ramkriekies besoek die verlede met hul konsert

Die tema vir vanjaar se konsert was ‘Jukebox en Pretville”

Die Ramkriekie Kleuterskool van Laerskool Randfontein het weereens met ‘n suksesvolle konsert gewys hulle is regte Hollywood-sterre

Volgens Henriette Kuipers, Ramkriekies se woordvoerder was die tema van vanjaar se konsert Jukebox en Pretville.

“Die maatjies het op ‘n verskeidenheid liedjies gebaljaar terwyl ons kleinste maatjies nie eers bang was om die twist te doen nie,” het sy gesê.

Ramkriekies se eie Pieter Koen (Zandre Herbst) en Dowwe Dolla (Cherise van der Merwe). Foto: Alandi le Roux.

Die organiseerders van die konsert, Annalie Grobbelaar en Annerien Wray het vertel hoe trots hulle op die klein maatjies is, en dat dit fenomenaal was om al die Ramkriekies op die verhoog te sien.

“Elke klas en onderwyseres het hul eie liedjie gekies en hul passies self uitgewerk. Die kreatiwiteit by die kleuterskool is bodemloos as mens gesien het wat op die planke gebring is – haaie wat uit die dak kom en ‘n regte 1950’s jukebox met die aanbieder Pieter Koen (Zandre Herbst) en Dowwe Dolla (Cherise van der Merwe). Hierdie jaar se konsert was sommer nog mooier as al die vorige jare s’n,” het Henriette gesê.

Sy het bygevoeg dat een van die ouers na die konsert gesê het, “Ons is baie bevoorreg om in so ‘n wonderlike skool met al hierdie uitstekende onderwysers te wees. Ek is ‘n trotse ouer van Ram en Ramkriekies!”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button