Ramkriekies Kleuterskool se spreekkoor is by vanjaar se Raca as die kategoriewenner van Afrikaanse Spreekkoor in die afdeling vir preprimêr aangewys.
“Die Ramkriekies-spreekkoor is so oulik. Ek is baie tots op elkeen van hulle,” het Marlie Potgieter, hoof van Ramkriekies gesê. Buiten die spreekkoor het Marlie ook ander Ramkriekies vir Raca afgerig.
Die kleuterskool se spreekkoor het regdeur die kompetisie baie goed presteer. Hulle is toe gekies om op 13 Oktober weer by Raca op te tree omdat hul tussen 98 persent en 100 persent gekry het. Die spreekkoor was een van slegs 23 items.
Op 20 Oktober is hulle as kategoriewenners tydens die spoggerige galageleentheid aangewys.
Zandré Herbst, ’n Graad R-leerder wat ‘n Ramkriekies-spreekkoorlid is, het ook die Spirit of Raca-diamanttoekenning gewen.
“Dis vir ons ‘n uitstekende prestasie en ons is baie trots op Zandré want daar is net vyf sulke toekennings gedoen,” het sy gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



