Die atmosfeer by vanjaar se Jannas Fees het weereens aan al die verwagtings voldoen.
Fees-koördineerder Amanda Domoney het vertel dat die Fees wat op Saterdag 27 Oktober by Hoërskool Jan Viljoen gehou is, terselfdertyd ‘n netwerkgeleentheid was vir Randfonteinse sakepersone.

Daar was iets na elkeen se smaak. “‘n Aantal kunstenaars, waaronder die talentvollle en voormalige Herald-joernalis Nadine Mare, het die feesgangers met hul opwindende optredes vermaak, daar was ‘n veiling, en die braai- en potjiemeesters het mekaar die stryd aangesê,” het Amanda vertel.

“Ons is heel tevrede met die wyse waarop dit afgeloop het. Ons kon nog nie die finale bedrag bepaal wat die Fees opgelewer het nie, maar ons staan reeds op nagenoeg R20 000. Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het – die feesgangers, ons borge en almal wat met die voorbereidings gemoeid was. Volgende jaar maak ons weer so.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



