Een van die dorp se oudste kleuterskole het hul skouspelagtige konsert op Woensdag, 31 Oktober aangebied.
Die tema van Rosemarie Kahn Kleuterskool se 72ste konsert was Winterwonderland en dit het ‘n atmosfeer van samesyn geskep.

“Hierdie jaar was dit ’n besondere opvoering so na aan die einde van die jaar en naby Kersfees. Dit was ’n blyspel propvol kontemporêre sowel as klassieke Kersfees-treffers wat elkeen in die gehoor kon geniet,” het Ilsa Otto, eienaar en hoof van die kleuterskool gesê.
“Elke kleuter wat deelgeneem het se gesiggie het gestraal en elke lyfie het gewikkel op die maat van die musiek. Hierdie konsert getuig nie net van harde werk en groot pret nie, maar ook dat die skoollied inderdaad akkuraat is, want die skool is ’n gawe plek,” het sy bygevoeg.

Almal wat deel is van die Rosemarie Kahn-familie gaan nog lank na die konsert met ’n warm Kersfees-gevoel in hul harte rondloop.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



