Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #94 – Albrie Venter

Die Herald ontmoet die 94ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 8 Januarie het die Herald vir Albrie Venter, 42, die 94ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

Albrie is oorspronklik van die Vrystaat, maar vir die afgelope agt jaar is sy ‘n trotse Randfonteiner.

“Ek werk by AB Baby, die plaaslike babawinkel. Ek gee graag raad aan nuwe mammas,” het sy vertel.

Haar eie dogter is 14 jaar oud en is ‘n leerder by Hoërskool Jan Viljoen. Albrie is ‘n moederlike figuur en raadgewer vir haar dogter en selfs die dorp, maar sy het ook ander belangstellings.

“My dogter en my werk is ‘n groot deel van my lewe, maar ek geniet dit ook om te lees. Ek is baie lief vir oefening en ek en my kollegas oefen graag saam,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button