Local newsNews

Reën demp nie die geesdrif by die Oval nie

Renjaers en toeskouers kan uitsien na die renbaan se nuwe blad wat spesiaal gebou is vir diegene wat daarvan hou om hul motors se wiele te laat tol.

Ten spyte van die reënweer tydens die eerste byeenkoms van die jaar op Saterdag, 12 Januarie by die Randfontein Oval Renbaan het R’fonteiners van heinde en ver gekom om die motors te sien jaag.

Jayten and Jason Datnow in die Rookies Sidecars op 12 Januarie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Weens die reën kon al die wedrenne nie plaasvind nie, maar toeskouers kon steeds vir die grootste gedeelte van die aand die vinnige motors met die brullende enjins geniet.

“Dit was beslis ’n goeie begin, ondanks die reën. Die Randfontein Oval Renbaan is besig om vreeslik te groei en al ons harde werk in 2018 begin nou te wys. Ons is werklik geseënd en dankbaar dat ons mense die platform kan gee om te doen waarvoor hulle lief is,” het Marilize Coetzee, een van die promotors van die Randfontein Oval Renbaan gesê

Steve Nel Jnr in die Mini Flexis op 12 Januarie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die hoogtepunt van die aand was natuurlik die V8 Sprints wat die toeskouers op die punte van hul sitplekke gehou het. Volgens Marilize sal hulle in die toekoms gereeld by die renbaan gesien kan word.

Carlo van Zyl in die Hotrods op 12 Januarie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die volgende groot byeenkoms sal op 2 Februarie plaasvind. Daar is boonop baie goeie nuus vir toeskouers en renjaers wat van vinnige motors en toertjies hou, want die renbaan het nou ook ’n blad gekry spesiaal vir diegene wat daarvan hou om hul motors se wiele te laat tol (spin).

Johan Strauss in die V8 Sprints op 12 Januarie. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons begin vanjaar met spinning en ons sien uit na hierdie byeenkomste,” het sy gesê. Dit sal vir die eerste keer op 9 Februarie by die renbaan aangebied word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button