Local newsNews

#ThrowbackThursday: Roy Harris onthou sy voornemens vir R’fontein vir 1987

Die Herald kyk terug op die nuusgebeure van 16 Januarie 1987, spesifiek na raadslid Roy Harris se planne vir die dorp.

Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag terug op die nuusgebeure van 16 Januarie 1987.

In dié uitgawe het raadslid Roy Harris, die destydse voorsitter van die bestuurskomitee, opwindende planne vir R’fontein gehad. Sy drie planne vir die dorp was om die eerste suksesvolle skou aan te bied, om vir Toekomsrus ‘n swembad te laat bou en om die dorp die setel van die Wes-Randse Streeksraad te maak.

Die Herald het gaan uitvind of Roy sy planne van 32 jaar gelede kon uitvoer en wat sy huidige planne vir die dorp is.

Ander interessante opskrifte in dié uitgawe was:

Die nuwe klub in Randfontein, Club Cindy’s se platejoggie was die gewilde Mario Liut.
Kaptein CJ Swart sou voortaan tweede in bevel by Randfontein Polisiestasie wees.
The shortest and tallest Grade 1s in REM were Lauren Pretorius and Craig Parker.
Die Herald het die kontaknommers van die onderskeie sportliggame vir krieket, muurbal, akrogimnastiek, sokker, korfbal, swem, rugby en atletiek in Randfontein gepubliseer.
In 1987 het Graad 1’s hul ouers net so baie uit die sak gejaag. Hier is Jaco Steenekamp toegegooi onder skryfbehoeftes, uniforms en ander benodigdhede.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button