Model skenk 100 sakke geborgde hondekos
Anché Steyn, Miss Elite South Africa 2019 Finalist het onlangs gesorg dat 800kg-hondekos aan Cast Aways Animal Sanctuary geskenk word.
Anché Steyn, Miss Teen United Continents South Africa 2018 het uit haar pad gegaan om hondekos vir liefdadigheid in te samel.
Die hondekos is op Saterdag, 26 Januarie aan Cast Aways Animal Sanctuary in Wilbotsdal oorhandig.
“Die hondekos was ‘n skenking van Supreme Pet wat Anché bewerkstellig het omdat sy graag iets vir die diere in Randfontein wou doen, want sy is baie lief vir diere. Supreme Pet het haar toe geborg met 800kg-hondekos,” het Michelle Steyn, Anché se ma gesê.

Marius Engelbrect, bemarkings- en verkoopsbestuurder van Supreme Pet het die 100 pakke hondekos saam met Anché aan die diereskuiling oorhandig.
“Anché het besluit om die kos aan Cast Aways Animal Sanctuary te skenk omdat hulle regtig ‘n passie het vir die werk wat hulle doen. Ons het gehoor dat hulle ’n krisis het met kos vir die diere en ons wou graag help.”
Anché is tans ‘n finalis vir Miss Elite South Africa 2019 en het reeds verskeie titels verwerf. Hoewel haar modelloopbaan haar baie besig hou, beplan sy om by Cast Aways Animal Sanctuary betrokke te bly.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



