Tuindienste daag ander uit om te help met begraafplaas skoonmaak
Na aanleiding van die Herald se berig oor die toestand van die Greenhills-begraafplaas daag Spot On Tuindienste die gemeenskap uit om hand by te sit om die begraafplaas skoon te maak.
Spot On Tuindienste daag die hele gemeenskap uit om op 2 Februarie hand by te sit om die Greenhills-begraafplaas skoon te maak.
Die Herald het op 11 Januarie weer berig dat die plaaslike en geliefde begraafplaas in ‘n tragiese toestand is.
Stefan Venter, die eienaar van Spot On Tuindienste het in 2018 die begraafplaas gedeeltelik skoongemaak, maar sy span kon nie die hele perseel skoonmaak nie. Hy vra dus dat die gemeenskap asook ander tuindienste in Randfontein hom op Saterdag, 2 Februarie van 7vm af hom sal kom help sodat die hele begraafplaas weer skoongemaak kan word.
“Die begraafplaas is in ‘n haglike toestand en niemand wil dit so sien nie. Dis regtig ‘n seer oog in Randfontein. Ek nooi almal wat kan help uit om hand by te sit,” het Stefan gesê.
Die Herald het al telkemale berig oor die tragiese toestand van die begraafplaas. Inwoners wat hul geliefdes daar begrawe het, het gepleit dat iemand help, maar die probleem is so groot dat die hele gemeenskap sal moet ingryp om die begraafplaas reg te ruk.
Vir meer inligting, skakel vir Stefan by 072 816 2906.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



