Local newsNews

#RandfonteinSkou: Maak reg vir Brêkfis met Derrich

Die bekende Derrich Gardner gaan op 2 Maart sy gewilde RSG Brêkfis met Derrich-program regstreeks vanuit die Skou Markiestent uitsaai.

Radio Sonder Grense (RSG) saai op Saterdag, 2 Maart regstreeks vanuit die Skou Markiestent by die Randfontein Skou uit. Daar is boonop is ‘n groot bederfie vir almal wat die uitsending bywoon.

“Die bekende Derrich Gardner gaan sy gewilde RSG Brêkfis met Derrich-program van 8vm tot 10vm aanbied, met gaskunstenaars Fatman en Caroline Grace,” het Marcelle Mans, Skoukoördineerder gesê.

Kaartjies sluit skoutoegang, koffie en beskuit, ‘n heerlike aansitontbyt, skougeskenksak en -boek en drinkgoed in. Registrasie is reeds vanaf 6.45vm en sitplekke word toegeken aan dié wat eerste daar is.

“Die Skou Markiestent sal in ‘n feestent omskep word met pragtig gedekte langtafels en dekor, en gaan almal sommer dadelik laat welkom voel. Verskeie Randfonteiners gaan hulle stories tydens die program vertel en JJ Janse van Rensburg van Garden World kom ook kuier. Ons is baie opgewonde, want die Randfontein Goudroos sal ook tydens die funksie te koop wees.”

Die drag vir die funksie is lekker gemaklik sodat gaste na afloop van die funksie al die skoustalletjies kan besoek en na al die ander kunstenaars kan gaan luister wat op die skouterrein optree.

Die volledige skouprogram is op www.randfonteinshow.co.za beskikbaar.

“Kom wees deel van ‘n historiese geleentheid. Nooi vriende en familie en kry jou kaartjies so gou moontlik by die Skoukantoor by die Greenhills Stadion. Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke,” het Marcelle bygevoeg.

Vir verdere navrae, kontak die Skoukantoor by 011 412 2878/1562 of stuur ‘n epos aan marcelle@randfonteininfo.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button