Local newsNews

Jong model maak hart oop vir flaminkkuikens

Kylie Erasmus, Mej Randfontein Jnr 2018 en Mej Cansa 2018 het produkte vir die flaminkkuikens ingesamel wat op Mike Bolhuis se plot versorg word.

Die 11-jarige Kylie Erasmus, houer van die Mej Randfontein Jnr 2018- en Mej Cansa 2018-titel het produkte vir die flaminkkuikens in nood ingesamel.

Volgens haar ma, Stassie du Preez, het Kylie van die landswye krisis op Jacaranda FM gehoor.

Kylie Erasmus, Mej Randfontein jnr 2018 en Mej Cansa 2018 het produkte vir die flaminkkuikens in nood ingesamel. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Mike Bolhuis het oor die radio gepraat van die flaminkkuikens wat van Kimberley na Mike se kleinhoewe naby Pretoria verskuif is. Sy het my gevra of sy produkte vir dié flaminke kan insamel. Ek het begin rondvra en meer inligting gekry en ons het dit saam aangepak,” het Stassie gesê.

Die modelgemeenskap aan die Wes-Rand en Kylie se afrigter, Elmarie Nolte van Oxygen Models het gou ingespring en die items bymekaar gemaak.

“Hulle het laat weet dat hulle koerante, babapap, handoeke, teddiebere, bokse, draad en bakke nodig het. Ons het reeds baie ingesamel, maar die nood is groot en hulle het nog baie skenkings nodig,” het sy gesê.

Die plan was om Saterdag, 9 Februarie self die skenkings op die plot naby Pretoria te gaan aflaai en hoop dat dit sal help.

“Kylie wil graag ‘n verskil in ander se lewe maak, hetsy dit kindertjies of diere is.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button