Skole regoor Suid-Afrika het onlangs hul ondersteuning vir die onderwysers en leerders van Hoërskool Driehoek gewys nadat die skool deur ‘n tragedie geruk is.
Randfontein is nie ‘n uitsondering nie en verskeie skole het op hul manier hul ondersteuning vir die skool getoon. Rappies Pre-Primêr het Vrydag, 8 Februarie gewys dat hul ouers, leerders en personeel harte van goud het toe hulle die dag aan die slagoffers gewy het.

“Ons het hierdie dag aan Hoërskool Driehoek gewy deurdat al die kleuters hulle geel Rappies-hempies aangetrek het. Ilonka Lourens, een van die kleuters se mammas, het gesorg dat elke maatjie ‘n geel en pers lint, kenmerkend van Hoërskool Driehoek kry,” het Leshia Botha, skoolwoordvoerder gesê.
Elke ouderdomsgroep het ‘n spesiale foto met ‘n bemoedigende boodskap op Hoërskool Driehoek se ondersteunersblad op Facebook geplaas. Hulle het ook saam met die gemeenskap uitgereik om vir die onderwysers van die skool ‘n bederfpakkie te pak.

“Ons skool is so geseënd en ons het soveel om voor dankbaar te wees. Dit is belangrik om ook terug te gee wanneer ons die geleentheid gegun word. Dit bly ‘n voorreg om te kan saamstaan en ‘n verskil in iemand se lewe te maak,” het sy bygevoeg
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



