Local newsNews

#WysheidWoensdag: ‘Veediefstal bly ‘n probleem’

VIDEO: Gielie van Zyl, 'n boer van Elandsfontein, was onlangs die slagoffer van veediefstal en die Herald het met hom oor dié algemene probleem gesels.

Veediefstal is ‘n realiteit vir talle Randfonteinse boere.

Vir dié week se aflewering van #WysheidWoensdag het die Herald by Gielie van Zyl gaan uitvind hoe boere veediefstal kan verhoed. Gielie boer in Elandsfontein en was onlangs ‘n slagoffer van veediefstal.

In November verlede jaar is 37 van sy beeste gesteel en in Januarie is daar nog 66 gesteel. Hy het wel al die beeste teruggekry wat verlede maand gesteel is en een arrestasie is gemaak, maar hy het slegs vyf van sy beeste teruggekry wat die vorige keer gesteel is.

“Ons het in Januarie vroeg die oggend agtergekom dat die beeste weg is en het onmiddellik die bure, die polisie en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) daarvan in kennis gestel. Master Power Technologies en KPEG Construction het hand bygesit en ons kon toe die beeste per helikopter tussen Venterspos en Westonaria opspoor. As ons nie so vinnig gereageer het nie, sou ek al my beeste verloor het,” het hy gesê.

Na die tweede geval van veediefstal moes Gielie van Zyl sy plaas beveilig en ekstra hekke opsit om verdere verliese te voorkom. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hy glo dit is belangrik vir boere om ‘n goeie verhouding met die polisie, die GPF en hul onmiddellike gemeenskap te hê sodat almal kan saamstaan in so ‘n noodgeval.

“Die belangrikste maatreël om veediefstal te bekamp is om jou diere duidelik te brandmerk. Elke keer as die beeste verkoop word moet die nuwe eienaar die bees weer brandmerk. Gekoopte beeste se dokumente moet altyd in orde wees sodat jy bewyse het dat jy dié beeste gekoop het. Wanneer beeste vervoer word, moet jy ook seker maak dat dié dokumente in orde is.”

Die belangrikste maatreël om veediefstal te bekamp is om jou diere duidelik te brandmerk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Gielie het gesê dat veediefstal gewoonlik tydens volmaan gepleeg word wanneer die sig beter is. Hy het ook gesê dat beeste te voet aangejaag word, maar dat skape en bokke, wat aansienlik kleiner is, in voertuie gelaai word.

“Ek het my eie plaas meer beveilig om veediefstal in die toekoms te verhoed. Ekstra hekke met sterk slotte is noodsaaklik en vee moet liewer in ‘n kraal naby jou huis slaap.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button