Spesiale diens vir Just in Time vandag!
‘n Spesiale diens vir bewusmaking van Just in Time Baby Sanctuary se behoeftes sal Saterdagmiddag by AGS Randgate plaasvind.
Lede van die musiekgroep Back to Worship beplan ’n spesiale diens om bewusmaking te skep vir die behoeftes van Just in Time Baby Sanctuary in Greenhills.
Die diens sal om 4nm op Saterdag, 9 Maart by AGS Randgate plaasvind.

“Die hoofdoel van die diens is om Georgina Caetano, stigter van die plek van veiligheid aan die woord te stel en Just in Time se behoeftes met die gemeenskap te deel. As ’n niewinsgewende organisasie is dit ‘n uitdaging om uitgawes te dek en seker te maak dat die kinders in haar sorg niks kortkom nie,” het Quinten van Tonder, een van die organiseerders gesê.
Vier musiekgroepe van Praise and Worship West Rand sal tydens die diens optree.
Vir meer inligting, kontak Quinten by 063 456 7692.




