Local newsNews
Fondsinsameling ten bate van jong dansers
Randfonteiners beplan 'n groot makietie as fondsinsameling vir dansers van Snap Back Studio wat in Mei in Kroasië gaan deelneem.
Randfonteiners kan Vrydag, 5 April sokkie, jive en hip-hop vir ‘n goeie doel.
Dié makietie is deel van ‘n fondsinsameling vir die Snap Back Studio-span wat in Mei aan die Dance Star World Finals in Kroasië gaan deelneem.
Die partytjie skop om 6.30nm by Pembury Lifestyle Group se Greenhills Akademie af en daar sal vermaak soos lekker dansmusiek en ‘n vertoning deur die gewilde Tanya V wees. Boereworsrolle, hamburgers en lekkers sal te koop wees.
Die inwoners van Randfontein word genooi om hul eie koelbokse saam te bring en die aand saam met vriende en familie te geniet.
Vir meer inligitng skakel 083 452 9407 of 082 853 6194.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



