MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Varswaterlek kwel Venterspos-inwoners

VIDEO: Drie inwoners van McWilliamstraat in Venterspos het die afgelope drie maande tevergeefs 'n varswaterlek gerapporteer.

Volgens verskeie inwoners van McWilliamstraat in Venterspo, het daar sowat drie maande gelede ‘n varswaterlek op die sypaadjie ontstaan wat almal se lewens verontrief.

“Ek het al telkemale die probleem gerapporteer, maar al wat gebeur is dat hulle uitkom om foto’s te neem. Dan hoor ons niks nie tot ons dit weer rapporteer,” het Chris Brits gesê.

Hy bedryf al vir meer as 20 jaar ‘n snoepwinkel in die straat by sy huis en hy voel dat die water ‘n gesondheidsrisiko vir sy klante inhou.

“Kinders loop hier verby en speel dan in die water. Die water dam op plekke op en dit gaan siektes veroorsaak. Die teer voor my oprit is ook besig om te kraak en daar gaan binnekort groot slaggate vorm,” het hy gesê.

Volgens Constance Tau het dié lek ‘n paar weke voor die verkiesing op 8 Mei begin.

Chris Brits en Lazarus Mmolawa rapporteer dié waterlek in McWillaim Straat al drie maande lank tevergeefs. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ek kan nie eers onthou hoeveel keer ek die lek gerapporteer het nie, want dit is baie. Niks gebeur nie. My watermeter is al drie jaar stukkend, maar ek kry nog elke maand my rekening. Hulle steur hul nie aan enige probleme nie,” het sy gesê.

Lazarus Mmolawa het dié probleem ook al verskeie kere gerapporteer.

“Niemand kan vir mens die nommer gee van die persoon wat vir dié tipe instandhoudingswerk verantwoordelik is nie. Ons kan die waterlek seker self regmaak, maar dis nie ons verantwoordelikheid om die munisipaliteit se werk te doen nie.”

Volgens verskeie inwoners van McWilliamstraat in Venterspos, het daar sowat drie maande gelede ‘n varswaterlek op die sypaadjie ontstaan wat almal se lewens verontrief. Foto: Jaco-Mari Futcher.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button