Chevonne Buitendag, eienaar van Little Angels (heel agter) sê dit was 'n voorreg om 'n medekleuterskool by te staan. Johannah Seeri, die skoolhoof van Bosa-Boselle is regs voor.
Die Little Angels Dagsorgsentrum in Greenhills het onlangs na die Bosa-Boselle Kleuterskool in ‘n informele nedersetting in die Zenzele-area uitgereik.
Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van Little Angels, was dit deel van hul Mandela-dagvieringe en ‘n voorreg om ‘n medekleuterskool by te staan.
Van die speelgoed wat aan Bosa-Boselle Kleuterskool geskenk is.
Daar is nie net komberse, klere, speelgoed en opvoedkundige toerusting geskenk nie, maar lekkernye, skyfies en sap is ook uitgedeel.
“Ons het van ons gunstelingliedjies saam met hulle gesing, onder andere Wobuningi, Amanzi,Lion of Judah asook Sinach se I Know Who I Am. Dit was ‘n groot voorreg om Mandela-dag saam met ander kleuters te vier. Dit is vir ons by Little Angels ook lekker om te kan gee en gelukkige kinders se hartjies te sien.”
Nog speelgoed en opvoedkundige toerusting wat aan Bosa-Boselle Kleuterskool geskenk is.
Chevone het bygevoeg dat Little Angels en Bosa-Boselle vanjaar saam konsert en gradeplegtigheid gaan hou.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.