NewsSchools

Jannas kroon sy Mnr en Mej

Hoërskool Jan Viljoen kroon hul skoonhede met Rio Carnival die tema.

Hoërskool Jan Viljoen het verlede Vrydag, 2 Augustus sy Mnr en Mej Jannas 2019 gekroon.

Die tema was Rio Carnival en die saal was omtrent opgekikker met helder kleure en vere. Die aanbieders was niemand anders nie as die drielingsusters Nicolene, Monique en Lee-Ann van Dyk, terwyl Deon Meiring vir die vermaak gesorg het. Daar was ‘n optrede deur The Legend-dansgroep van Trinity Dance Company, met Luré Delport, Armand du Plessis, Rosa van Niekerk, Janine Ferreira en Adele Wotherspoon as die beoordelaars.

Mej Jan Viljoen Junior wenners is Tweede prinses: Caitlin Erasmus, Wenner: Jane Strydom en Eerste prinses: Gemma Botha.

Volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder moes deelnemers elkeen ‘n masker maak wat ook beoordeel is.

“‘n Groot hoogtepunt was die formele beoordeling waartydens leerders behoorlik almal se asems weggeslaan het met hul asemrowende aandrokke en aandpakke. Elke liewe deelnemer was beslis ‘n wenner.”

Mnr Jan Viljoen-wenners is Tweede Prins: Divan Allers, Wenner: Vincenzo Visagie en Eerste Prins: Juanté van Tonder.

Die kroning het as volg verloop:

Mej Jan Viljoen Junior:

• Tweede prinses: Caitlin Erasmus

• Eerste prinses: Gemma Botha

• Wenner: Jane Strydom

Mej Jan Viljoen Senior:

• Tweede prinses: Mariska Kruger

• Eerste prinses: Kisha Dos Santos

• Wenner: Jacorene Visser

Mnr Jan Viljoen:

• Tweede Prins: Divan Allers

• Eerste Prins: Juanté van Tonder

• Wenner: Vincenzo Visagie

Ander:

• Mej Fotogenies: Nikita Nel

• Mnr Fotogenies: Rayno du Preez

• Debutant: Gemma Botha

• Mej Persoonlikheid Junior: Carolene Visser

• Mnr Persoonlikheid: Tyrone van Niekerk

• Mej Persoonlikheid Senior: Daléén Nel

Mej Persoonlikheid Junior: Carolene Visser, Mej Persoonlikheid Senior: Daléén Nel en Mnr Persoonlikheid: Tyrone van Niekerk.
Mnr Fotogenies Rayno du Preez en Mej Fotogenies Nikita Nel.
Mej Jan Viljoen Senior wenners is Tweede prinses: Mariska Kruger, Wenner: Jacorene Visser en Eerste prinses: Kisha Dos Santos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button