NewsSchools

Ram se Megan ‘n uitblinker in Wiskunde

Ram se Megan Erasmus het 'n silwermedalje verower tydens die Gauteng Abacus Wiskunde Streekskompetisie in Randburg.

Megan Erasmus is nie net ‘n skoonheid nie. Sy het ook ‘n kop vir wiskunde.

Op Saterdag, 3 Augustus het Megan ‘n silwermedalje verower tydens die Gauteng Abacus Wiskunde Streekskompetisie in Randburg.

Daar was meer as 300 deelnemers van Graad RRR tot Graad 10.

Volgens haar ma, Elain, was dit die tweede jaar dat Megan aan die kompetisie deelgeneem het.

“Sy geniet Abacus vreeslik baie. Sy is ‘n selfgemotiveerde, lewenslustige dogter wat altyd beleefd is en ander wil help.”

Megan is ‘n Graad 3-leerder van Laerskool Randfontein en het ook die titels van Mej Randfontein 2019 Eerste Prinses, Miss Randfontein Ambassador 2019 en Miss Randfontein Charity 2019 agter haar naam.

“Megan sien baie uit na volgende jaar se kompetisie en bedank graag haar juffrou, Sunel Arlow.”

Megan het gesĂȘ sy wil nou graag haar maats aanmoedig om ook deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button