Gemma Botha, vanjaar se Mej Jan Viljoen Junior Eerste Prinses, het skoonskip gemaak tydens die Royal King and Queen Nasionale Skoonheidskompetisie in Springs.
Haar prestasies aan die Oos-Rand sluit ‘n rits toekennings in.

“Sy is nie net mooi van buite nie maar het die mooiste hart en geaardheid. Sy is ook ‘n uitstekende ballerina, dien op Jannas se VRL, is ‘n Top 10 akademiese presteerder en doen toneel. Ons kan nie wag om te sien wat die toekoms vir haar inhou nie. Gemma, ons is ongelooflik trots op jou!” het Tammy Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Haar prestasies is as volg:
• Best souvenir
• Tweede in Best overall theme outfit award
• Gauteng Provinsiale Wenner in alle kategorieë
Royal Beauty:
• Wenner – Royal Beauty Sapphire
National Beauty:
• Algehele wenner – Senior Novice Supreme
• Wenner – National Beauty Diamond
• Best Fairy Queen Theme Outfit
• Best Ramp Model-toekenning
• Mej Persoonlikheid
Model Challenge:
• Algehele wenner – Senior Novice Supreme
• Wenner – Model Challenge Diamond
• Elegance-toekenning
• Fotogenies-toekenning
• Mej Persoonlikheid
• Best Fairy Theme Outfit-toekenning
All Star:
• Wenner – All Star Diamond
• Best Fairy Queen Theme Outfit
• Mej Fotogenies
Royal Queen:
• Eerste Prinses – Diamond
• Best Fairy Queen Theme Outfit




