NewsSchools

Ram-skaakspanne presteer by Bekker

Laerskool Randfontein is trots op sy skaakspanne wat onlangs aan die jaarlikse D2 Skaakkampioenskappe by Hoërskool Bekker deelgeneem het.

Drie van Ram se skaakspanne het podiumplekke behaal tydens die jaarlikse D2 Skaakkampioenskappe by Hoërskool Bekker vroeg in Augustus.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het al ses die skool se skaakspanne, naamlik die o.9A’s en o.9B’s, o.11A’s en o.11B’s, o.13-seuns en o.13-dogters aan die kampioenskappe deelgeneem.

Nommer een! Lede van Ram se o.9A-skaakspan wat ‘n eerste plek behaal het tydens die D2 Skaakkampioenskappe. Hulle is Zane Esterhuizen, Magdaleen Ernst, Mikayla Croukamp, Michael Lombaard, Alexander Berh en Kayleigh Enslin. Foto ingestuur.

Hulle het as volg presteer:

• o.9A’s – eerste plek

• o.9B’s – derde plek

• o.11A’s – vierde plek

• o.11B’s – sewende plek

• o.13-seuns – vierde plek

• o.13-dogters – tweede plek

Nommer een! Lede van Ram se o.9A-skaakspan wat ‘n eerste plek behaal het tydens die D2 Skaakkampioenskappe. Hulle is Zane Esterhuizen, Magdaleen Ernst, Mikayla Croukamp, Michael Lombaard, Alexander Berh en Kayleigh Enslin. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button