NewsSchools

Rappies se kunswerke die beste

Laerskool Rapportryer spog met drie wenners tydens vanjaar se Santam Kinderkuns-kompetisie.

Drie leerders van Laerskool Rapportryer is gekies as wenners van vanjaar se Santam Kinderkuns-kompetisie.

Ru-Anne Jenkinson (Graad 6), Bendin Hatting (Graad 5) en Danika Greef (Graad 6) se kunswerke is as die beste uit meer as 4 300 inskrywings aangewys.

Volgens Roleen Olivier, die skoolwoordvoerder, sal hul kunswerke op die Santam Kinderkuns aanlyn-uitstalling gedurende die eerste kwartaal van 2020 te siene wees.

Hulle is baie trots op die sertifikate en medaljes wat hulle vir die prestasie ontvang het.

“Rappies is baie trots op die uitstekende kunswerke wat hulle vir die kompetisie gelewer het.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button