NewsSchools

Ram verwelkom nuwe adjunkhoof

Laerskool Randfontein het onlangs hul nuwe adjunkhoof verwelkom.

Laerskool Randfontein het op Dinsdag 1 Oktober hul nuwe adjunkhoof, Steve Greyvenstein, 47, verwelkom.

Steve het 18 jaar ondervinding in die onderwys. Hy het in 1978 vanuit die Kaap na Greenhills in Randfontein verhuis.

In 2001 het hy begin skoolgee by Hoërskool Die Burger as Ingenieursgrafika en Ontwerp- (IGO-) onderwyser. Steve het in 2008 by Ram begin skoolhou waar hy ‘n Natuurwetenskappe- en Tegnologie-onderwyser was.

In 2012 was hy die departementshoof vir IGO en Wiskunde by Hoërskool Bastion, en in 2014 het hy die geleentheid gekry by Ram waar hy nou as die nuwe adjunkhoof en Sosiale Wetenskappe-onderwyser aangestel is.

Volgens Steve is hy baie opgewonde en sien baie uit na hierdie nuwe fase in sy onderwysloopbaan.

“Ons poog om in die volgende paar jaar Laerskool Randfontein na nuwe hoogtes te neem en om dit een van die top skole aan die Wes-Rand te maak,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button