NewsSchools

Pasop vir Rappies se Junior Pom-poms in 2020

Rappies se Junior Pom-poms is toegewyd en oefen reg deur die jaar. Hulle is passievol en sien uit na elke optrede.

Laerskool Rapportryer se Junior Pom-poms het ‘n goeie 2019-seisoen beleef en sien daarna uit om hoër hoogtes in 2020 te bereik.

Volgens Laneldi Olivier, onderwyser van die skool, het hulle vanjaar aan verskeie kompetisies deelgeneem, onder andere die Randfontein Skou, die D2-kompetisie (waar hulle tweede geëindig het), in die Stadsteater waar hulle ‘n sertifikaat vir deelname ontvang het, asook by RACA waar hulle ‘n sertifikaat ontvang het.

Sy het bygevoeg dat Rappies veral trots is op hul J-Squad.

“Hulle het behoorlik die vloer aan die brand gedans,” het Laneldi vertel.

Die Junior Pom-poms is genooi om tydens RACA se Showcase op te tree waar hulle die Meraki-toekenning vir Performance of the Year ontvang het, asook ‘n toekenning vir Kategoriewenner tydens RACA se Galatoekenningsfunksie.

“Die leerders sien al klaar uit na die nuwe uitdagings wat 2020 gaan bied,” het Laneldi trots gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button