Hoërskool Jan Viljoen kan trots voel op Gemma Botha, wat aangewys is as hul Kultuurleerder van die Jaar.
Gemma het vanjaar talle prestasies behaal.
Volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, het Gemma onder andere titels verwerf by RACA, die Roodepoort Dance Festival, Talent Africa en UNISA, om net ‘n paar te noem.
Gemma is die mooiste dogter van binne en buite. Sy is ‘n voorbeeld vir baie mense.
“Sy is veral ‘n engel op die verhoog wanneer sy dans, en dié wat dit sien, kry gereeld trane in hul oë. Ons is ongelooflik trots op Gemma,” het Tammy gespog.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



