Local newsNews

Dogter wens haar ma ‘n gelukkige verjaarsdag deur die media toe

'Die koronavirus hou ons weg van haar af'

Die inperkingstyd het selfs ‘n impak op wanneer jy jou geliefdes mag sien, en boonop op die manier waarop ons hulle mag gelukwens met hul verjaarsdae.

Marietjie le Clus het haar geliefde moeder, Elizabetha Sussanna Groenewald, laas voor die begin van die inperking gesien.

Sus of Bettie – soos talle by Vriendskaptuiste haar noem – sal op 11 Junie haar 90e verjaarsdag vier. Sy sal waarskynlik ook een van talle bejaardes wees wat nie dié spesiale dag saam met haar kinders, kleinkinders of agterkleinkinders kan vier nie.

“Die koronavirus hou ons weg van haar af. Dit breek ons harte. Ons mis haar baie,” het Marietjie vertel.

Elizabetha Sussanna Groenewald saam met Eva, een van haar jongste agterkleinkinders. Foto ingestuur.

Weens die streng reëls wat van toepassing is op besoeke aan veral bejaardes in die inperkingstyd het Marietjie die volgende boodskap vir haar ma.

Baie geluk met Moeder se 90e verjaarsdag. Mag ons Hemelse Vader ma ryklik seën met gesonde en vreugdevolle jare. Ons is baie lief vir Moeder.”

Mev Groenewald het vier dogters en twee seuns (waarvan een oorlede is), 15 kleinkinders, en nog meer agterkleinkinders.

Volgens Marietjie woon haar ma haar lewe lank in Randfontein. Sy was ‘n Rapportryer-leerder en is ook in Randfontein getroud.

Die Herald wens graag vir mev Groenewald ‘n gelukkige 90ste verjaarsdag toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button