Local newsNews

Teine-uitreikingsprojek kry media-aandag

'Daar was kinders betrokke en dit het ons harte geraak' – ondervoorsitter van Randfontein Rugbyklub.

Wie sê daar word net by ‘n rugbyklub geskop, geduik, geskrum en daarna lekker gekuier?

Terwyl veral welsynorganisasies bekend is vir hul gereelde liefdadigheidsprojekte het ons eie Randfontein Rugbyklub sy eie massa uitreikingprojek geloods wat self die aandag van ‘n nasionale radiostasie getrek het.

Die klub se ondervoorsitter, Corné Hulme, het juis onlangs op Jacaranda FM se Scenic Drive-program hieroor gesels met Rian van Heerden, ‘n voormalige Randfonteiner.

Daar is toe onthul dat die klub saam met kerke, skole en ander organisasies minstens 700 gesinne in die Randfontein-, Tarlton- en Krugersdorp-area en tot sover as Glenharvie en Venterspos bystaan met kospakkies.

Corné het in ‘n direkte radio-onderhoud verduidelik dat die klub sedert 16 April aanvanklik eers families van behoeftige klubspelers gehelp het. Daarna het hulle besef dat daar ‘n groter nood was onder ander families ook.

Daar was kinders betrokke en dit het ons harte geraak. Ons het toe as ‘n klub besluit om te help.”

Die kospakkies bestaan uit basiese goedere soos mieliemeel, pasta, eiers, melk, brood, grondboontjiebotter, en ook groente wat deur Angelo Lucky Farms geborg word.

Corné het vertel dat hierdie kospakkies in die week versamel word en dan minstens elke tweede Saterdag verpak, en uiteindelik by die gesinne in nood afgelaai word.

Die volgende verpakkingsdatum is Saterdag, 13 Junie.

Jacaranda FM het intussen R12 500 in geskenkbewyse uit hul Kagiso Media Hunger Relief Fund aan die klub geskenk. Volgens hul amptelike webwerf het Kagiso Media, die eienaars van Jacaranda FM and East Coast Radio, die KM Hunger Relief Fund gestig om gemeenskappe te help wat tydens die uitgerekte Covid-19 inperking in Suid-Afrika in nood verkeer.

Diegene wat wil bydra kan dit in die volgende bankrekening inbetaal:

• Naam: Randfontein Rugby Club (PBO) NPO
• Bank: ABSA
• Rekening: 101 251 0515
• Tak: 632005 of 334 341 (Randfontein)
• Verwysing: Teine Noodfonds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button