Local newsNews
R’fontein groet groot visserman
'Hy was `n groot visserman en het graag met mense geselsies aangeknoop oral waar hy gegaan het.'
Randfontein se geliefde Deon Oosthuizen is op 28 Junie op die ouderdom van 57 oorlede. Sy dood is ‘n groot skok vir sy hele familie.
“Hy het altyd ‘n glimlag en ‘n storie gehad om te vertel,” het sy vrou, Charmaine gesê.
Deon was 24 jaar lank `n inwoner van Randfontein en het vir 25 jaar by die Goldfields Suid-skag gewerk. Volgens sy vrou sal hy altyd onthou word as die vriendelike man wat dit geniet het om met mense te gesels.
“Hy was `n groot visserman en het graag met mense geselsies aangeknoop oral waar hy gegaan het.”
Dié visserman sal vir seker deur Randfonteiners gemis word. Hy is aan natuurlike oorsake oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



