Local newsNews

Plaaspatrollie teen plaasaanvalle

'Dankie aan almal wat deel was van die patrollie' – AfriForum se Krugersdorp-buurtwag.

AfriForum se buurtwag in Randfontein het saam met die buurtwagte van Krugersdorp en Roodepoort op Saterdag, 27 Junie ’n plaaspatrollie gehou om sigbaarheid in die landelike gebiede te verhoog.

Volgens Martin Lombard, voorsitter van dié buurtwag het 78 lede van AfriForum se Krugersdorp-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwag asook lede van die Emergency Tactical Medical Group (ETNG), privaat sekuriteitsmaatskappye, ER24 en Netcare aan dié plaaspatrollie deelgeneem.

Anike Swart, Corné de Villiers en Susan de Beer, drie lede van AfriForum se Krugersdorp-buurtwag. Foto ingestuur.

“Die konvooi van 40 voertuie het tot in Tarlton gery, waarna dit in twee groepe verdeel het. Een van die groepe het ’n oproep oor ’n plaasaanval vanuit die Zwartkrans-omgewing ontvang en die patrolleerders het saam met Conserv Security bystand verleen. Die polisie se honde-eenheid is ook uitgeroep.

“Dankie aan die bestuur van AfriForum se Wes-Rand-takke en aan almal wat deel was van die patrollie. Ek wil graag lede van die gemeenskap aanmoedig om by die veiligheidstrukture betrokke te raak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button