Local newsNews

‘Hengel is ‘n familie-ding’

Bootha Plotte se bobaas hengelaar is tans besig om sy eie kompetisie te reël.

Calvyn van Wyk, 28, het begin hengel toe hy net drie jaar oud was. Sedertdien het hy al talle kompetisies gewen en is tans besig om sy eie kompetisie te reël.

Hy spesialiseer in oewerhengel, of papgooi, en het al aan verskeie hengelligas, provinsiale kompetisies asook die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en die Suid-Afrikaanse Varswater Oewer Federasie (SAVOF) se kompetisies deelgeneem.

“My hoogste prestasie is SAVOF-kleure en ek was in 2009 die tweede beste hengelaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. My gunstelingdeel van hengel is die kompetisie, want ek hou van ‘n uitdaging. Ek hou ook daarvan om verskillende plekke en damme te sien.”

Calvyn van Wyk se gunstelingdeel van hengel is om aan kompetisies deel te neem. Foto ingestuur.

Daar is baie ernstige hengelaars regoor Suid-Afrika wat hengel as meer as net ‘n stokperdjie beskou. Volgens Calvyn is dit ‘n baie kompeterende sport en ding daar soms tot 200 hengelaars in sommige kompetisies met mekaar mee. Hy is op die oomblik besig om ‘n kompetisie op die been te bring wat Pro-24 genoem gaan word.

Die doel van die kompetisie is om spesie- en oewerhengelaars teen mekaar te laat kompeteer en natuurlik ook om die hengelaargemeenskap te laat groei.”

Hengel is ‘n sport wat mens saam met die familie of alleen kan geniet, maar vir Calyn is dit ‘n familie-ding.

“Hengel was nog altyd ‘n groot passie vir my oupa en hy het die passie aan my pa en ons drie seuns oorgedra. My pa, Chris van Wyk, is my rolmodel. Ek het drie weke gelede pa geword en ek hoop dat my seun eendag saam met my gaan hengel. Hy het reeds ‘n visstok,” het hy gesê.

Calvyn van Wyk se gunstelingdeel van hengel is om aan kompetisies deel te neem. Foto ingestuur.

Dié motorelektrisiën hou van die buitelug en speel graag verfbal, gholf en rugby wanneer hy nie lyn natmaak nie. Jacky Leonard Vaaldam is op die oomblik sy gunsteling-hengelplek, maar hy sal graag eendag groot babers in Spanje wil gaan uittrek.

“Ek het nie regtig ‘n geheime bestanddeel wat altyd werk nie nie, want elke dam is anders. My beste raad aan mense wat graag wil hengel, is om by ‘n klub aan te sluit. Dis die beste plek om raad te kry en om aan kompetisies blootgestel word,” het Calvyn bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button