Local newsNews

MultiCharity pak groot kosprojek aan

Multicharity-liefdadigheidswinkel gaan 'n kosprojek begin om fondse in te samel om kospakkies vir minderbevoorregtes oor die feesseisoen uit te deel.

Die Multicharity-liefdadigheidswinkel in Unietstraat skop binnekort ‘n groot kosprojek vir minderbevoorregtes af.

Ten spyte van die grendeltydperk, het Multicharity-eienaar Monica Lancellas vertel, is hulle die afgelope paar maande met baie donasies geseën sodat hulle selfs minderbevoorregtes met kospakkies kon help.

Hulle wil graag met ‘n kosprojek begin om fondse in te samel om vir minderbevoorregtes kospakkies oor die feesseisoen uit te deel.

“Ons beplan om aan die einde van elke maand bakkies kos te verkoop vir net R10. Die fondse wat daardeur ingesamel word, gaan gebruik word om aan die einde van die jaar seker te maak dat talle minderbevoorregte gesinne kos sal hê om te eet.

Ons het vorige jare sowat 200 mense oor dié tydperk gehelp en ons hoop om hierdie jaar nog meer te kan help.”

Sy wil graag met die gemeenskap hande vat vir die projek. Volgens Monica sal hulle die vleis en groente aanskaf en voorberei, maar hulle vra dat mense uit die gemeenskap ‘n pot rys, pap of ander bykosse kan bydra wat hulle saam met die vleis en groente kan bedien.

“Wat jy ook al kan bydra, hoe groot of klein, sal ‘n groot verskil maak. Ons sal op 1 Augustus die eerste keer kos bedien en daarna die laaste Saterdag van elke maand. Ons sal bestellings neem en die bakkies kos kan dan by die winkel opgelaai word. Enige iemand wat honger is of net nie lus is vir vuil skottelgoed nie, is welkom om ‘n bakkie heerlike warm kos by ons te bestel,” het Monica bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button