Local newsNews

Kankerlyer verloor haar stryd

Amelia Kruger is op 21 Julie oorlede nadat sy 'n jaar gelede met borskanker gediagnoseer is.

Familie is in rou na die afsterwe van kankerlyer Amelia Kruger van Hectorton.

Volgens familie het Amelia op 21 Julie haar stryd teen die siekte verloor nadat sy in 2019 met borskanker gediagnoseer is.

Derick le Roux, Amelia se pa het gesê sy het op 2 Junie haar 38e verjaarsdag gevier maar het daarna drie terugslae gehad waarvan die laaste een ‘n ernstige beroerte was. Teen die einde was sy totaal afhanklik van ander om haar te help.

Amelia Kruger saam met haar ouers Bettie en Derick le Roux. Foto ingestuur.

Al was dit duidelik dat sy gely het, sal almal haar onthou as die vrou met die groot glimlag en donker krulhare. Amelia se dogter is nege jaar oud.

Sy is op 24 Julie tydens ‘n baie emosionele diens vanuit die Betesda Bedieninge-kerk begrawe.

Lees volgende week se Herald vir ‘n eksklusiewe onderhoud met Amelia se familie en vriende.

Amelia Kruger tydens haar 38e verjaarsdag. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button