Local newsNews

Ram staan hul man teen virus – selfs in die koue

"Hulle was elke oggend 6.30vm in die koue by die skool om die leerders te ontsmet."

Laerskool Randfontein (Ram) se studente-onderwysers het hulself nie deur die koue of vroeg opstaan laat afskrik nie.

Skole moes vinnig aanpas om aan al die nuwe Covid-19 regulasies te voldoen. Een daarvan was om elke dag al die leerders te ontsmet en hul temperatuur te meet.

Die Ram-studenteonderwysers wat verantwoordelik was om die leerders se temperature te meet en om hulle te ontsmet voordat hulle die skoolterrein betree, was elke oggend sonder klagtes op hul pos.

“Hulle was elke oggend 6.30vm in die koue by die skool om die leerders te ontsmet. Daar was 13 studente-onderwysers wat by drie verskillende hekke diens gedoen het,” het Annie Nolan, Ram-skoolwoordvoerder gesê.

“Hulle was professioneel, vriendelik en altyd op hul pos. Die hoof is uiters beïndruk met hul toewyding tot die moeilike en ondankbare werk.”

Dis duidelik dat die studente-onderwysers hul pligte baie ernstig opgeneem het en dit met Ram-trots uitgevoer het. Hulle sien ook daarna uit om weer op hul pos te wees wanneer die skole heropen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button