Local newsNews

Randfonteiners dra by tot Ivano se robotarm

Twee jong meisies van Randfontein het besluit om ‘n fondsinsameling aan te pak om 'n Krugersdorp-seun se droom te bewaarheid.

Twee jong meisies van Randfontein het besluit om ‘n fondsinsameling vir Krugersdorp se 10-jarige Ivano Engelbrecht aan te pak.

Rene Botha, Mej Cansa 2de prinses 2014 en Megan Erasmus, Mej Randfontein eerste prinses 2019 van Laerskool Randfontein (Ram) het op 1 Augustus ‘n stalletjie voor Bennie’s Pandjieswinkel gehad om dié fondsinsameling af te skop.

Ivano Engelbrecht is ‘n gelukkige seun wat vir niks en niemand terugstaan nie.
Foto: Natasha Pretorius.

“Hulle het ‘n baie lang pad voor om vir Ivano te help om sy droom waar te maak – ‘n robotarm. Ivano is met ‘n stomp arm gebore en sy grootste begeerte is om iets vir homself te kan doen. Hy droom daarvan om soos sy maats van sy ouderdom sy eie skoene vas te maak, of self aan te trek. Hy wil sy eie boeke in sy tas pak, sonder om sy voete te gebruik om boeke vas te hou,” het Elain Erasmus, Megan se ma gesê.

Ivano se ma en sy het ‘n kwotasie van R482 049, 65 op 8 Julie by Netcare Pinehaven Hospitaal ontvang en die kwotasie is geldig vir drie maande. Sy is ‘n enkelma van drie kinders en het ongelukkig nie die fondse om hierdie bedrag te kan betaal nie.

Megan Erasmus en Rene Botha het ‘n stalletjie voor Bennie’s Pandjieswinkel gehad om hul fondsinsameling af te skop. Foto: Elain Erasmus

Volgens Elain wil Ivano eendag robotarms maak vir kinders soos hy wie se ouers dit nie kan bekostig nie.

“Rene en Megan het hul eie spaargeld en die fondse wat hul reeds ingesamel het bymekaar gesit en het al ‘n totaal van R4 150. Hulle daag elke lid van die gemeenskap uit om net R20 of R50 te skenk.

Randfontein het ‘n groot gemeenskap en as almal saamstaan kan ons vinnig die doelwit bereik,” het sy bygevoeg.

Enige iemand wat betrokke wil raak kan vir Elain Erasmus kontak by 082 259 1236.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button