Local newsNews

Spesiale beertjes vir brawe kankervegtertjies

'n Mej Randfontein 2020-finalis met 'n baie groot hart het die Bear4aBuddy-projek begin om jong kankerpasiënte te laat glimlag.

Die 14-jarige Simoné van Vollenhoven het onlangs ‘n baie groot projek vir ‘n goeie doel aangepak.

Sy is ‘n Mej Randfontein 2020-finalis en sy gebruik die platform om beertjies vir kankerpasiënte in te samel vir haar Bear4aBuddy-projek. Haar plan was om vroeër vanjaar dié projek aan te pak, maar sy moes dit weens die grendeltyd uitstel.

Een van my skoolmaats is met kanker gediagnoseer en dit het my laat besef dat kinderkankerpasiënte ‘n moeilike stryd voer. Ek wou graag iets vir hulle doen om hulle aan te moedig om braaf te wees.

“Ek het ‘n bietjie meer uitgevind oor die kankerpasiënte van die Wits Donald Gordon Mediese Sentrum en ek het besef dat hulle nie regtig energie het om te speel wanneer hulle behandeling kry nie. Ek dink toe dat dit ‘n goeie idee sal wees om vir hulle sagte beertjies in te samel,” het sy gesê.

Volgens Simoné hoop sy dat hierdie beertjies die kinders sal laat glimlag en dat dit hulle moed sal gee om teen die siekte te veg. Haar ma se niggie het ’n tydjie gelede haar stryd teen kanker verloor en daarom lê hierdie projek haar baie na aan die hart.

“Ons het al baie beertjies ingesamel, maar enige Randfonteiner is steeds welkom om nog te skenk. Ons sal die beertjies was en ontsmet voordat ons hulle in September vir die kankerpasiënte gaan uitdeel,” het sy bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button