Local newsNews

Tyd om fiks te word, masker en al!

'Baie Randfonteiners se gesondheid en fiksheid het agteruit gegaan tydens die grendeltyd' – persoonlike afrigter.

Gimnasiums was vir byna vyf maande gesluit en lede se fiksheid het gedurende die inperking daaronder gely – sommiges het selfs ‘n bietjie vet aangesit.

Stephan van der Merwe van Muscle & Fitness Academy is al vir meer as ‘n dekade ‘n persoonlike afrigter en hy meen dat baie Randfonteiners se gesondheid en fiksheid tydens die grendeltyd gekwyn het.

“My beste raad is om by ‘n gim aan te sluit, want dit is ‘n groter motivering as wanneer jy by die huis op jou eie probeer oefen. As dit maklik was om tuis te oefen, sou niemand van ons nou na die grendeltyd op ‘n laer vlak van fiksheid gewees het nie. Tweedens is dit ook baie belangrik om doelwitte te stel, want sonder doelwitte gaan jy nooit werklik vordering toon nie. Of jy nou wil bou, fiks word of gewig verloor, stel vir jou realistiese doelwitte met ‘n spertyd voor jy begin oefen,” het hy gesê.

Kyk hier:

Hy het bygevoeg dat mens ook nie dadelik op ‘n streng dieet hoef te gaan nie, maar eerder gesonder keuses moet maak. Koop eerder Coca-Cola Zero, brood met ‘n lae glukemiese indeks, en lees elke produk se lys bestanddele voordat jy dit in jou inkopiemandjie sit. “Mense moet ook nie verwag dat hulle op dieselfde vlak sal kan oefen as voor die grendeltyd nie – dis ‘n resep vir ‘n besering. Hulle moet dit maar vir die eerste twee weke rustig vat, maar daarna kan hulle hulself druk om te verbeter.”

Hy het ook vertel van al die Covid-19 reëls en regulasies wat gims moet nakom. Een van dié reëls is om ‘n masker te dra terwyl jy oefen. Stephan stel voor dat mense hul masker van hul neus afskuif wanneer hulle kortasem raak weens die oefening, mits daar niemand naby hulle is nie. Sodra hul asemhaling terug na normaal is, moet hulle hul maskers weer opskuif.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button