Local newsNews

Vroue maak ‘n plan vir honger inwoners

'n Groep van ses vroue deel twee keer 'n week kos in Toekomsrus uit.

Wat begin het met ‘n Mandela Dag-sopkombuis, het vinnig verander in ‘n kosprojek vir ‘n groot deel van die gemeenskap van Toekomsrus.

Koekie Alie het vir die afgelope paar jaar op Mandela Dag sop aan die gemeenskap uitgedeel, maar sy het reeds aan die begin van die grendeltyd groot nood in haar gemeenskap gesien.

“Ek en ‘n groepie van vyf ander vroue uit die gemeenskap het groente en vleis bymekaar gemaak, begin kos kook en dit in die gemeenskap uitgedeel. Daarna het ons begin skenkings kry van ander inwoners, kerke en besighede en nou kook ons op Dinsdae en Vrydae,” het sy gesĂȘ,

Willie Klein maak staat op die bakkie kos wat hy twee keer ‘n week by Koekie Alie kry. Foto: Jaco-Mari Haasbroek

Elke dag se spyskaart lyk anders en die kos word met lekker speserye en baie liefde voorberei. Om 12nm staan die mense tou voor Koekie se huis in Madeliefiestraat om ‘n bakkie warm kos te kry.

Volgens Koekie word die nood elke dag net groter en hulle kry al meer en meer mense wat ‘n bakkie kos kom haal.

Dis meestal bejaardes en kinders, maar ons sien ook jong werkloses wat kom kos haal. Sommige dae gee ons tot 400 mense kos. Ons hoop om meer skenkings te kry sodat ons nog meer mense kan help,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button