Oorlede kankerlyer se ouers sterf ‘n maand na haar
Nadat hul dogter, Amelia Kruger, in Julie aan kanker dood is, is Dereck en Bettie le Roux kort na mekaar in Augustus oorlede.
Die dood van die kankerlyer en haar ouers in ‘n kwessie van ‘n maand was ‘n groot skok vir die hele familie.
Na Amelia se dood in Julie het albei haar ouers se gesondheid agteruit gegaan. Dereck is op 17 Augustus oorlede en sy vrou, Bettie, op 29 Augustus.
Dereck het twee kinders en Bettie het drie kinders uit vorige huwelike gehad, en hulle het een kind saam gehad, maar hulle was vir al die kinders lief asof dit hul eie was.
Lees ook: Kankerlyer verloor haar stryd
Hulle plekke sal vir ewig leeg wees,” het hul jongste seun, Estian le Roux, gesê.
Volgens die familie het Dereck probleme met diabetes en longtering gehad, en Bettie is oorlede kort nadat sy positief vir Covid-19 getoets het.
Die familie was nog besig om die afsterwe van Buks, hul seun wat in 2019 aan kanker oorlede is, te verwerk, en nou rou hulle oor nog drie geliefde familielede.
Lees die Herald se eksklusiewe onderhoud met die familie in volgende week se uitgawe.




