Local newsNews

Afrikaners is plesierig, soos Roelf!

Roelf Bosman is nie net trots op Afrikaans nie, maar ook met die boere.

Almal het iets waarop hulle trots is. Roelf Bosman, wat met beeste in Wheatlands boer, is trots op sy taal Afrikaans, boer wees en alles wat daarmee gepaard gaan.

Die 39-jarige het die Herald in ‘n eksklusiewe onderhoud vertel hoe plesierig Afrikaners is.

Hy het verduidelik dat alhoewel hy nie op ‘n plaas grootgeword het nie, hy uit ‘n landboufamilie kom en dat boerdery in sy bloed is, daarom het hy net eendag besluit om te boer.

My oupa-hulle het geboer. Selfs my oupagrootjie-hulle het op ‘n plaas in Holfontein gewoon en is daar begrawe. Ek is lief vir my kultuur omdat ons sonder fieterjasies is. Ons hou daarvan om ‘n kortbroek en vellies te dra, en wanneer die musiek lekker is dan dans ons.”

Hy is lief daarvoor dat Afrikaners altyd stories en grappe het om te vertel.

“Iets anders waarop ek trots is, is dat die jonger generasie boer ‘n manier het om hulle hoed af te haal en ‘n oom te groet.

“Ek probeer vir my seun leer dat jy ‘n ou in die oë kyk as jy hom groet. Dit sien mens regoor die land.

Roelf Bosman saam met van sy beeste. Foto: Michelle Roodt.

“Daar is respek vir die ouer mense en dit is belangrik, want respek word verdien, nie net gekry nie.”

Hy het vertel dat dit wonderlik is om te sien hoe sterk die boere waarmee hy werk se geloof is. Braai is ook vir Roelf baie belangrik, en ‘n braai is nie ‘n braai sonder verskeie soorte vleis nie.

“Op ‘n braai moet daar altyd varktjops, steak, sosaties en wors wees. Ek kan nie braai sonder wors nie want dan is dit nie ‘n braai nie, en jy braai nie hoender nie, want hoender is groente,” lag hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button