MunicipalNews

Elandsvlei-inwoners soek antwoorde na petrolbom glo kragboks tref

Inwoners glo dat hulle probleme ontstaan weens petrolbomme wat brande veroorsaak.

Inwoners van Elandsvlei is bekommerd oor hul veiligheid na ‘n vermeende petrolbomaanval by ‘n kragboks.

Die Herald het die area op Maandag, 28 September besoek en ‘n gebrande kragboks buite ‘n woonperseel asook polisie daar gewaar. Die polisie kan in dié stadium nog nie kommentaar oor die bewerings lewer nie.

Barend Kotze, ‘n inwoner van Elandsvlei glo dat die skade iewers oor die naweek van 26 September deur petrolbomme aangerig is, hoewel daar in hierdie stadium geen bewyse vir die bewerings is nie.

Die kragboks wat glo deur petrolbomme aan die brand gesteek is. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel dat inwoners van die plakkerskamp glo die pad met klippe versper en dan kan niemand uit Elandsvlei ry of die gebied binnegaan nie.

Dit hou groot gevaar vir almal in. Ons kan nog in ons huise bly maar wat gebeur met die mense wat die pad moet gebruik en nie beskerm word nie?” wou Barend weet.

Hy het beweer dat daar oproer was, waartydens die plakkerskampbewoners glo petrolbomme gegooi het.

Die padtekens is glo afgeruk en beskadig. Foto: Michelle Roodt.

Hannes van Wyk, nog ‘n inwoner het vertel dat hy moeg is van al die moeilikheid.

Ons wil hê die probleem moet opgelos word,” het hy beklemtoon.

Hannes en Barend glo dat die plakkerskampbewoners tot geweld oorgaan omdat hulle ook elektrisiteit wil hê.

Barend glo dat die petrolbomgooiers hier geskuil het. Foto: Michelle Roodt.

Die Herald het vir Phillip Montshiwa, Rand West City Plaaslike Munisipaliteit-woordvoerder oor die bewerings genader.

Hy het in sy terugvoering gesê, “Ons het by die Elektrisiteitafdeling navraag oor die bewerings gedoen. Hulle is nie bewus van enige petrolbomaanvalle nie, maar hulle sal die saak ondersoek”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button