Local newsNews

‘Ek soek ‘n huis’ – Sputnik

'n Pragtige kat soek 'n huis waar sy haar wonderlike persoonlikheid kan uitleef.

Katte is liefdevolle en saggeaarde troeteldiere. Daar is boonop baie van hulle by Cast Aways Animal Sanctuary in Wilbotsdal wat huise kort.

Een van daardie oulike katte se naam is Sputnik.

Sy het ‘n wollerige swart pels en ‘n wit pens, ‘n bruinerige vlek op haar neus, en die mooiste groen oë.

Sputnik is in Februarie 2019 by die skuiling gebore en is dus ongeveer ‘n jaar en ‘n half oud. Haar ses boeties en sussies het al klaar hulle eie huise gekry.

Sputnik en Louisa Rossouw. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Louisa Rossouw, die eienaar en stigter van die skuiling, is al haar inentings op datum en is sy ook gesteriliseer.

Sputnik het ‘n baie sosiale en wonderlike persoonlikheid; sy is baie lief vir drukkies en soene,” het Louisa vertel. Sy sal goed oor die weg kom met kinders asook ander katte.

“As mense wat honde het haar aanneem, en die honde aanvaar katte, sal sy vinnig inpas.”

Enigiemand wat vir Sputnik ‘n liefdevolle huis wil gee waar sy haar wonderlike persoonlikheid kan uitleef, kan gerus vir Louisa Rossouw kontak by 072 812 3333.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button