KYK: Connie Mulder Sentrum dans die Jerusalema!
'Ons het besluit om die dans te doen want dit gee die inwoners iets om na uit te sien gedurende die inperkingstyd.'
Daar was groot pret by die Connie Mulder Sentrum toe personeel saam met die inwoners die Jerusalema-uitdaging aangepak het.
Op Vrydag, 9 Oktober het hulle ‘n video van die dans in die Bea Botha Saal op die Connie Mulder Sentrum se gronde opgeneem.
Fransie Hulme, die koördineerder van die dans het vertel dat hulle gesien het hoeveel mense in Suid-Afrika aan die dans deelneem.
Dit het gelyk of almal dit baie geniet, daarom het ons besluit om ook aan die uitdaging deel te neem,” het sy gesê.
Hulle het ‘n hele week lank elke dag ‘n uur geoefen om alles reg te kry.

Middel: Clementina Potsane, Lettie Mabina, Faith Kubeka, Tasmin McNelly, Virginia Nqabeni, Rachel Kgwediyaphokwe, Busi Mkhonto, Cornél Havinga, Angie Mokwene,
Voor: Phumi Mkhize, Mariska Driver, Chanté-Lee Crous, Suzette Jansen, Patricia Sebula, Joyce Ngubeni. Foto: Ingestuur.
Fransie het vertel dat dit nie net ‘n goeie spanbou-oefening was nie, maar dat dit ook goeie ontspanning was.
“Ons het besluit om die dans te doen want dit gee die inwoners iets om na uit te sien gedurende die inperkingstyd.”




