Local newsNews

Cast Aways kry iemand anders se verjaarsdaggeskenk

'Daar is nie woorde vir so 'n groot donasie en fondsinsameling soos vandag nie' – eienaar en stigter van Cast Aways.

Cast Aways Animal Sanctuary is op Saterdag, 10 Oktober deur die maatskappy, Retire Rich and Happy bederf.

Die span van Retire Rich and Happy het die oggend by Cast Aways deurgebring en onder andere gehelp om die diere se hokke skoon te maak en het ‘n bietjie tyd saam met die diere gespandeer.

LEES OOK: Cast Aways Animal Sanctuary pleads for help

Die produkte wat geskenk is. Foto ingestuur.

Volgens Lourens Oberholzer, hoof uitvoerende beampte van Retire Rich and Happy, het hy vir sy verjaarsdag vanjaar besluit om eerder iets vir liefdadigheid te doen.

Ons het ondersoek ingestel en gesien dat Cast Aways nie regtig veel ondersteuning kry nie, en besluit om vir hulle iets te doen. Ons wil graag elke jaar so iets doen,” het Lourens vertel.

Die span besig om hokke skoon te maak. Foto ingestuur.

Louisa Rossouw, die eienaar en stigter van Cast Aways bedank graag die maatskappy vir hul tyd en al die produkte wat hulle geskenk het.

“Ons is nie wel bekend nie, dus is daar nie woorde vir so ‘n groot donasie en fondsinsameling soos vandag nie. Baie dankie,” het sy gesê.

Lede van Retire Rich and Happy besig om kos af te laai. Foto ingestuur.

“Ek en die personeel asook ons dierekinders waardeer die ondersteuning in dié tyd.”

Indien jy ‘n helpende hand vir Cast Aways Animal Sanctuary wil gee, kan jy hulle skakel by 072 812 3333.

Die span besig om hokke skoon te maak. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button