Esmè Alberts van Roodepoort het besluit om in te spring en ‘n gedeelte van die Greenhills-begraafplaas netjies te maak.
Esmè het van haar werksmense van Absolut Security bymekaar gekry om op Woensdag, 3 Februarie te kom help skoonmaak. Volgens haar het hulle die vorige dag heeldag gewerk om die blok skoon te maak, en is die volgende dag terug om die res te doen.
Die blok waarmee hulle besig was op Woensdag. Foto: Michelle Roodt.
Sy het vertel dat sy al vyf jaar haar vriendin se graf daar skoonmaak en netjies hou, en het toe besluit om sommer die blok waarin die graf is, ook skoon te hou.
Die gras is so lank dat jy nie eers die grafte kan sien nie, daarom het ek besluit om die hele blok skoon te maak.”
Volgens Esmè gaan sy probeer om elke maand dié betrokke blok skoon te maak, en het voorgestel dat as ander mense ook ‘n blok aanneem en daardie blok skoon hou, die hele begraafplaas baie netjies sal bly.
Die gedeelte van die blok wat klaar skoongemaak is. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.