Local newsNews

Talle toekennings vir die talentvolle Christelle

Christelle Pruis het vele talente op die gebied van die uitvoerende kunste.

Christelle Pruis van Greenhills spog met vele prestasies by Talent Africa, Talent America asook ‘n internasionale kompetisie genaamd Star Bridge.

Die 17-jarige het vertel dat sy eers moes deelneem aan RACA waar sy platinum- en diamanttoekennings vir poësie en toneelspel ontvang het. Sy’t ook ‘n eerste plek by die streekskompetisies verower.

Sy het so gekwalifiseer vir deelname aan Talent Africa waar sy drie eerste plekke in ongedramatiseerde poësie verower het, en toe deur is na Talent America waar sy ‘n eerste plek en ‘n derde plek ontvang het vir onderskeidelik toneelspel en poësie.

Christelle het toe die kans gekry om aan die Star Bridge-kompetisie in Ierland en in Pole deel te neem waar sy twee Laureate-toekennings ontvang het in solo, drama, lees en ongedramatiseerde poësie.

Sy ontvang ook verlede jaar haar Federation Provincial-kleure in Performing Arts asook haar Suid-Afrikaanse kleure in Uitvoerende Kunste.

“Ek is baie bly oor wat ek bereik het, en voel goed daaroor,” het Christelle vertel.

Sy bedank ook graag haar ouma, Koeksie Pruis asook almal by Talent Africa en Talent America.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button