Local newsNews

Mans van Wings vir Vadersdag bederf

Twee pastore en hul vriende het die mans van Wings of Inspiration op Vadersdag bederf.

Die mans van Wings of Inspiration Elderly Care Centre is die afgelope naweek met ‘n spesiale pakkie vir Vadersdag bederf.

Twee pastore van Elandsvlei, naamlik Jasper Nienaber en Barend Kotzè het saam met hul vriende Attie en Maggie Jonker die mans op hierdie spesiale dag bederf.

Attie Jonker , Maggie Jonker, Pastoor Barend Kotze en Pastoor Jasper Nienaber. Foto: Andrè Smith, Uhmbrellha Photography.

Barend het vertel dat hulle 30 pakkies wat ‘n sjokolade en Vadersdag-kaartjie bevat, gaan uitdeel het om vir elke pa en oupa ‘n geseënde Vadersdag toe te wens en om hulle te laat weet dat hulle kosbaar is in die oë van die Here.

“Ons wou hê hulle moes weet dit maak nie saak hoe oud hulle is nie, hulle het steeds ‘n doel hier op aarde want God het hulle by die naam geroep, juis vir ‘n tydperk soos nou om vir hul familie, kinders en kleinkinders te bid en die bloedlyn te seën,” het Barend gesê.

Pastoor Jasper Nienaber en Theo Trollip. Foto: Andrè Smith, Uhmbrellha Photography.

Hy het vertel dat elke man, pa en oupa ‘n belangrike rol het om te speel in ‘n familie – nie net finansieel nie, maar ook emosioneel en geestelik.

“Dit is hoekom ons Vadersdag vier, om vir elke pa en oupa dankie te sê vir wat hulle doen en hulle aan te moedig om nooit op te hou bid en te seën nie.”

Maggie Jonker en Martin Jooste. Foto: Andrè Smith, Uhmbrellha Photography.

Volgens Barend vergeet mense so maklik van jou wanneer jy bejaard is, maar vir hulle maak ouderdom nie saak nie en elke persoon het ‘n doel onder die son.

Neil von Ruben en Maggie Jonker. Foto: Andrè Smith, Uhmbrellha Photography.
Maggie Jonker en Trevor Mackay. Foto: Andrè Smith, Uhmbrellha Photography.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button